Meet our team

Team photo – November 2022

Celéste (Owner and teacher of the 3 to 5 year olds)

Ek is ‘n gekwalifiseerde BEd(Grondslagfase) onderwyser wat gespesialiseer het in Spesiale Onderwys Behoeftes.
My loopbaan het my blootstelling gegee aan peutersorg, kleutersorg, Graad R en autistiese onderrig.
Na meer as 12 jaar se ervaring in die onderwys het die geleentheid gekom vir my om my eie speelskooltjie oop te kan maak.
Ek is ma van twee seuns (18 en 7 jaar onderskeidelik) en twee dogters (15 en 10 jaar onderskeidelik).  Ek weet dus presies wat die behoeftes vir ordentlike voorskoolse opvoeding is.